Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
‘Invincibles’ wil Arsenal saam met Ek koop

Die Arsenal-legendes Thierry Henry, Dennis Bergkamp en Patrick Vieira het hulle by Spotify se miljardêr-stigter, Daniel Ek, aangesluit in ’n poging om die roemryke Engelse sokkerklub te bekom.

Die legendariese Aresnal-sterre Thierry Henry, Dennis Bergkamp en Patrick Vieira. Foto: Getty Images

Stuff berig Arsenal se eienaar, Stan Kroenke, beplan nie om sy klub te verkoop nie, maar meer as 1 000 aanhangers het Vrydag buite die Emirates-stadion betoog en daarop aangedring dat hy die pad vat.

Arsenal het die vorige Sondag aangekondig hy is een van die 12 stigterslede van die omstrede Europese Superliga. Maar die klub het hom slegs 48 uur later aan die rebelleliga onttrek en aan sy aanhangers om verskoning gevra.

Kroenke se seun, Josh, het Donderdag in die openbaar bevestig sy familie is nie van plan om te verkoop nie en het beloof om in die toekoms aanhangers te raadpleeg. Die Sweedse sakeman Ek (38), wat na raming £3,4 miljard sterk is, het Vrydag op Twitter gesê: “Ek ondersteun Arsenal sedert kindsbeen, vir so lank as wat ek kan onthou. Indien KSE Arsenal wil verkoop, sal ek nie huiwer om ’n aanbod te maak nie.”

Ek werk saam met Henry, Bergkamp en Vieira – drie sleutelspelers in Arsenal se “Invincible”-span van die 2003-’04-seisoen – om die Gunners te bekom en is glo bereid om £1,8 miljard aan te bied.

Kroenke (73) is ’n Amerikaner en besit verskeie sportfranchises, insluitende die NFL se Los Angeles Rams en die NBA se Denver Nuggets.

Kroenke het in 2007 9,9% van Arsenal bekom en sy aandeel opgebou totdat hy in April 2011 62,89% besit het.

Hy was later met Alisher Usmanov in ’n stryd om beheer van die klub betrokke, maar het gewen en besit nou die hele klub.

– Sportredaksie

Meer oor:  Thierry Henry  |  Arsenal  |  Rebelleliga  |  Sokker  |  Patrick Vieira
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.