Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Arteta tevrede met Arsenal se begin

Arsenal se afrigter, Mikel Arteta, is tevrede met hoe sy span die nuwe Premierliga-seisoen begin het, maar glo dié klub van Londen het nog ’n lang pad om te loop voordat hy ’n aanspraakmaker op die ligatitel is.

Arsenal het verlede seisoen agtste geëindig, 43 punte agter die kampioen, Liverpool, maar het die nuwe seisoen met twee oorwinnings begin.

Arteta se span het Fulham in die eerste wedstryd met 3-0 geklop, voordat hy Saterdag met 2-1 oor West Ham United geseëvier het.

“Ons is nog nie naby waar ons moet wees nie,” sê die 38-jarige Spanjaard. “Maar ek dink as jy enige afrigter in die Premierliga vra of hy gelukkig is met waar sy span nou is, sal die antwoord nee wees.

“Ons het ’n goeie voorseisoen gehad en ons pas nog aan by sekere dinge en sekere spelers is nie 100 persent fiks nie. Tog is dit baie goed om ses punte te hê en maniere te kry om te wen.”

Arsenal se doelskieter, Alexandre Lacazette, wat die eerste doel teen West Ham gekry het, word gekoppel aan ’n skuif, maar Arteta wil niks sê oor die Fransman se toekoms nie.

“Ek is baie tevrede met hom as speler. Ons het baie vertroue in hom gewys sedert ek hier gekom het. Ons kan nie enige bespiegeling begin nie. Daar sal altyd oor van ons spelers gepraat word as hulle minder as twee jaar oor het van hul kontrakte,” sê Arteta.

“Ons het nog nie begin onderhandel oor ’n nuwe kontrak nie. Ons fokus nou eers op ander dinge,” sê hy.

Arsenal kom Woensdag in die Liga-beker teen Leicester City te staan. – Reuters

Meer oor:  Mikel Arteta  |  Premierliga  |  West Ham United  |  Sokker  |  Arsenal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.