Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Aussies, Kiwi’s en SA straks in stryd om WB
Amerika en Nederland vroeër vanjaar in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi in Lyon in aksie. Amerika het met 2-0 gewen.Foto: Getty Images

Australië en Nieu-Seeland gaan hul kragte saamsnoer en ’n gesamentlike bod indien om die Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue die eerste keer in die Suidelike Halfrond aan te bied.

Dié twee lande se regerings het dié bod vir die 2023-toernooi goedgekeur en hulle sal na verwagting in ’n stryd met Suid-Afrika, Japan, Argentinië, Brasilië en Colombia gewikkel wees om gasheerstatus te bekom.

Altesame 24 spanne het aan vanjaar se WB-toernooi in Frankryk deelgeneem en dié skouspel het rekords vir bywoning laat spat en ongekende TV-gehore gelok.

Danksy dié sukses het die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) besluit om die 2023-toernooi na 32 spanne uit te brei.

Danksy dié sukses het die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) besluit om die 2023-toernooi na 32 spanne uit te brei.

Australië het vroeër, danksy regeringshulp van bykans R450 miljoen, ’n bod ingedien om die WB-sokkertoernooi vir mans in 2022 aan te bied. Die Aussies het egter net een stem op hul verenig en die bod is uiteindelik op omstrede wyse aan Katar toegeken.

Suid-Afrika is vanjaar reeds as die gasheer aangewys vir die WB-sewestoernooi in 2022 en netbal se WB-toernooi in 2023. Dít, asook sy suksesvolle aanbieding van die mans se toernooi in 2010, sal van hom ’n sterk kandidaat maak indien hy wel besluit om sy naam in die hoed te gooi. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Australie  |  Nieu-Seeland  |  Gasheer  |  Sokker  |  Bod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.