Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Matildas kry ’n splinternuwe stadion
Sam Kerr, die kaptein van Australië se vrouesokkerspan. Foto: Getty Images

Australië se vrouesokkerspan, die Matildas, het Sondag gehoor dat hul aanslag op die 2023-Wêreldbeker-toernooi ’n yslike hupstoot gekry het.

Victoria se deelstaatregering het aangekondig dat hy ’n supermoderne stadion ter waarde van $116 miljoen vir hul gebruik in Melbourne gaan bou.

Die federale regering het reeds $15 miljoen vir die projek belowe met die Victoria-regering wat die res sal bydra.

Die konstruksie van “Die tuiste van die Matildas” sal in Desember begin.

Victoria se plaaslike sokkerspanne sal ook die geriewe by die La Trobe-universiteit in Bundoora kan gebruik vir oefen en wedstryde speel.

“Die span is lief daarvoor om in Melbourne te speel en ons sien regtig daarna uit om ’n spesifieke basis in Victoria te hê waar ons kan oefen en vir wedstryde voorberei,” het Sam Kerr, die Matildas se kaptein, gesê.

Daar word ook beplan om die rugbygeriewe by dieselfde basis verder te ontwikkel.

Australië en Nieu-Seeland is die medegashere vir vroue se Wêreldbekertoernooi in 2023. – Reuters

Meer oor:  Matildas  |  Vroue-Sokker  |  Wêreldbeker-Toernooi  |  Australië  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.