Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana aangespoor deur Bokke

Bafana Bafana is aan die begin van ’n dolle week waarin hy twee wedstryde in vier dae speel, aangespoor deur wat die Springbokke in Japan vermag het.

Hy speel Donderdag teen Ghana en Sondag teen Soedan in Soweto in sy tweede wedstryd in sy Afrikabeker-kwalifiseringsveldtog.

Thulani Hlatswayo. Foto: Gallo Images

Thulani Hlatshwayo, die kaptein, het voor hul vertrek na Ghana gesê hulle is geïnspireer deur die Bokke se heldedade. Hy sê hy en Siya Kolisi, die Bok-kaptein, is groot vriende en gesels gereeld.

Bafana hoop om ook nou die land bly te maak met goeie vertonings teen Ghana en Soedan.

“Ons almal het gesien wat die Springbokke gedoen het. Dis ’n groot sportkode en sokker is ook ’n groot sport.

“As speler dink ek daar is niks anders om na te streef as die Springbokke se inspirasie, wat hulle vermag het en wat hulle vir die land gegee het.

“Ek is baie na aan Siya, ons praat gedurig, selfs voor wedstryde,” sê Hlatshwayo.

Bafana het Dinsdag ná ’n vlug van ses uur per bus van Akkra na Cape Coast vertrek.

Suid-Afrika se vorige besoek aan Ghana was die Afrikabeker-toernooi in 2008 waarin hy in die eerste ronde uitgeskakel is.

Supersport.com berig Suid-Afrika het nog net twee keer in Ghana teen die Black Stars gespeel.

Bafana het met 1-0 in 2000 in Kumasi gewen, waarna Ghana vier jaar later, weer in Kumasi, met 3-0 wraak geneem het.

Suid-Afrika het vyf van die 11 wedstryde teen Ghana gewen en drie verloor, terwyl drie gelykop was.

Donderdag se wedstryd is Bafana se eerste amptelike wedstryd onder die nuwe afrigter, Molefi Ntseki.

Meer oor:  Afrikabeker  |  Bafana Bafana  |  Ghana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.