Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana gee Ntseki hoop ná sege oor Mali

Bafana Bafana se nuwe afrigter, Molefi Ntseki, moes sekerlik in sy noppies gewees het ná sy span met rustyd met 2-0 teen Mali voor was in die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd in die Baai, maar sy senuwees sou in die tweede helfte begin knaag het.

Bafana Bafana se Dean Furman (links) en Lassana Coulibaly van Mali ding mee om besit in Sondag se Nelson Mandela-uitdaagwedstryd in Port Elizabeth. Foto: Gallo Images

Bafana het die kragmeting met 2-1 gewen nadat Dean Furman (24ste minuut) en die plaasvervanger Themba Zwane (45ste minuut) die span laat voorloop het.

Furman, wat geen fout met die strafskop gemaak het nie nadat Thulani Serero platgetrek is, is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Mali, wat 57ste op die wêreldranglys is, het maar slegs agt spelers van sy Afrikanasiesbekerspan ingesluit.

Die besoekers het in die 74ste minuut teruggekap toe Sekou Koita ’n doel behaal het nadat hy die plaasvervanger-doelwagter Darren Keet, geflous het.

Bafana (71ste op die ranglys) was weliswaar sonder sy sterre Percy Tau en Lebogang Mothiba, maar daar was baie verwag met die terugkeer van Bradley Grobler, Eric Mathoho, Keagan Dolly, Thulani Serero en Thapelo Morena.

Dié jaarlikse vriendskaplike wedstryd was ’n belangrike skakel vir Bafana, wat vir die Afrikanasiestoernooi in 2021 voorberei met ’n kragmeting met Ghana wat volgende maand op hulle wag.

* Intussen het die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) en die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie ’n ooreenkoms bereik wat oor die volgende vier jaar sal strek.

Volgens die ooreenkoms sal die SABC ses van Bafana se tuiswedstryde (drie Afrikanasiesbekerwedstryde, die Nelson Mandela-uitdaagwedstryd en nog twee ander internasionale wedstryde) uitsaai.

Vyf van Banyana Banyana se tuiswedstryde, insluitende die Winnie Mandela-uitdaagwedstryd, sal ook uitgesaai word asook verskeie nasionale eindstryde. – Sport24 en kickoff.com

Meer oor:  Dean Furman  |  Bafana Bafana  |  Mali
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.