Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana hoop op ’n Uyo-begin teen Ghana

Suid-Afrika se nasionale sokkerspan hoop om soos twee jaar gelede, toe hulle Nigerië in Uyo geskok het, hul Afrikabeker-kwalifiseringsveldtog weer met ’n sege te begin.

Bafana Bafana speel Donderdag hul eerste kwalifiserende wedstryd teen Ghana in Cape Coast.

Dean Furman en Mo Salah toe Bafana Bafana vir Egipte in Julie in Kaïro verras het. Foto: Getty Images

“ ’n Ou wil nie later in die veldtog nog speel om in te haal nie. Dit was goed vir ons om destyds so te kon begin,” sê die middelveldspeler Dean Furman, die enigste speler in die groep met meer as 50 Bafana-wedstryde.

“Die sege oor Nigerië en om die veldtog met drie punte te kon begin was yslik vir ons selfvertroue en het kwalifisering makliker vir ons gemaak.”

Hy sê hulle hoop beslis om met punte van Ghana af terug te keer.

“ ’n Sege sal fantasties wees, terwyl ’n enkele ligapunt teen ’n span soos Ghana ook sal help.

“Ons wil met iets daar wegkom. Dit was ’n lang en vermoeiende reis tot hier en ons sal nou iets wil hê daarvoor.”

Die span is Dinsdag van Akkra af met ’n bus na Cape Coast, ’n rit van twee en ’n halfuur.

Furman maan dat die Black Stars ook spelers het wat klubsokker in Europa speel en dat ’n taai stryd verwag word. Hy sê in dieselfde asem Suid-Afrika kan enige span op die vasteland probleme gee.

Bafana het dit gewys toe hy Egipte in vanjaar se Afrikabeker-toernooi in Egipte uitgeskakel het.

Die nuwe afrigter, Molefi Ntseki, sou dalk onrustig gewees het omdat hulle nie veel saamgeoefen het nie.

Die groep het Maandag in Suid-Afrika ’n oefening sonder sewe buitelandse spelers gehad, wat hulle beperk het om taktiek te oefen.

“Ons kon nie juis aan iets werk nie,” sê Furman.

Bafana het ’n aandoefening in Cape Coast gehad om aan die speeltoestande gewoond te raak.

Die wedstryd Donderdag begin om 19:00 (SA tyd), maar word nie op televisie uitgesaai nie.

Suid-Afrika reis dan terug en speel reeds Sondag in sy tweede wedstryd in die veldtog teen Soedan.São Tomé & Príncipe is die vierde span in Groep C.

Meer oor:  Dean Furman  |  Afrikabeker  |  Bafana Bafana  |  Molefi Ntseki  |  Ghana  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.