Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana klop Soedan in Soweto

Bafana Bafana haal weer asem nadat hy Sondag in die Orlando-stadion in Soweto sy kwalifiserende wedstryd in Groep C van die Afrikabekertoernooi vir 2021 met 1-0 teen Soedan beklink het.

JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - NOVEMBER 17: Lebogang
Lebogang Phiri van Bafana Bafana (links) en Soedan se Elyas Samawal in aksie Sondag in die Orlando-stadion in Soweto. Foto: Gallo Images

Lebogang Phiri het in die 45ste minuut Bafana se enigste doel aangeteken nadat die besoekers nie ’n skop van Thulani Serero kon keer nie en Phiri by was om dit met ’n kanonskoot in die doelhok te laat beland.

Molefi Ntseki, afrigter van Bafana, het verskeie veranderings aan die span aangebring wat Donderdagaand met 2-0 deur Ghana getroef is.

Bafana het oorheers, maar soos gewoonlik het die afronding ontbreek en het verskeie kanse om doele aan te teken deur die vingers geglip.

Soedan, wat 128ste op Fifa se wêreldranglys is, het in die tweede helfte beter vertoon en Bafana soms onder druk geplaas.

Bafana se doelwagter, Ronwen Williams, is egter eers in die middel van die tweede helfte die eerste keer getoets toe hy ’n kopskoot, boonop vanuit ’n onkantposisie, moes keer.

Bafana se Bradley Grobler het in die 82ste minuut die bal in Soedan se doelhok laat beland, maar daar is beslis dat hy onkant was en die doel is nie toegeken nie. – Sportredaksie en kickoff.com

Meer oor:  Soedan  |  Bafana Bafana  |  Orlando  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.