Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana kry dubbele dosis goeie geluk
bafana
Percy Tau in aksie vir Brugge teen Real Madrid in die Santiago Bernabeu-stadion.

Daar is goeie nuus vir sokkerondersteuners op die vooraand van Bafana Bafana se Mandela-uitdaagstryd teen Mali môremiddag in Port Elizabeth.

Die kans bestaan dat die span se sterdoelskieter Percy Tau wel te siene gaan wees ... op die veld en ook op televisie.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is weer aan die praat met die SAUK en het volgens kickoff.com bevestig dat wedstryd wel uitgesaai gaan word.

Tau het las gehad van ’n enkelbesering wat hy Sondag in die eerste helfte van sy Belgiese klub Brugge se wedstryd teen Gent opgedoen het.

Hoewel hy nie in die nasionale span se oefenwedstryd teen Chippa United Donderdag gespeel het nie, is hy fiks verklaar deur die mediese span.

Dit is nou die nuwe breier Molefi Ntseki se keuse of hy Tau wil inspan. Tau het gistermiddag die eerste keer saam met die span geoefen. – Johann de Jager

Meer oor:  Percy Tau  |  Mali  |  Johannesburg  |  Sokker  |  Bafana Bafana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.