Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Furman wil terug na Brittanje

Die Bafana Bafana-middelveldspeler Dean Furman het bevestig dat hy SuperSport United aan die einde van die seisoen gaan verlaat en terugkeer na Brittanje.

Die Bafana Bafana-middelveldspeler Dean Furman. Foto: Gallo Images

Dié 31-jarige speler is tans in die laaste jaar van sy vyfjaarkontrak met die Suid-Afrikaanse klub.

Volgens Furman het hy nog nie met klubs oorsee onderhandel nie, maar sal hy beslis terugkeer na Brittanje.

Furman, wat in Kaapstad gebore is, het sy sokkerloopbaan in 2003 as jeugspeler by Chelsea begin.

Hy kon nie die senior span daar haal nie en het daarna sy loopbaan by Glasgow Rangers in Skotland voortgesit. Hy het later ook vir Bradford City, Oldham Athletic en Doncaster Rovers gespeel voordat hy hom in 2015 by SuperSport United in Suid-Afrika aangesluit het.

Furman het in 2012 sy eerste wedstryd vir Bafana Bafana gespeel en het Suid-Afrika vroeër vanjaar die 50ste keer in ’n internasionale wedstryd verteenwoordig. 

– TeamTalk, Sportredaksie

Meer oor:  Dean Furman  |  Bafana Bafana  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.