Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana op pad na Afrikabeker-toernooi

Suid-Afrika het Sondag vir die Afrikabeker-sokkertoernooi gekwalifiseer nadat hy Libië in hul laaste groepwedstryd met 2-1 in Sfax, Tunisië, geklop het.

Vreugde nadat Suid-Afrika vir die Afrikabeker-sokkertoernooi gekwalifiseer het. Foto: Gallo Images

Percy Tau het in die vyftigste minuut verseker dat Suid-Afrika die voortou neem.

Maar in die 66ste minuut het Ahmad Benali met ’n strafdoel geslaag om seker te maak dat Bafana-ondersteuners vir die laaste 24 minute nie kon ontspan nie.

Tau het egter in die 69ste minuut met nog ’n doel teruggeslaan en Bafana Bafana het vasgebyt om die beslissende wedstryd met 2-1 te wen.

Suid-Afrika het na Nigerië in die tweede plek in Groep E gekwalifiseer en sal sy plek tussen die 24 spanne inneem in die toernooi wat van 21 Junie tot 19 Julie in Egipte beslis word.

Die spanne wat gekwalifiseer het, is: Egipte (gasheer), Algerië, Angola, Benin, Burundi, Kameroen, Demokratiese Republiek Kongo, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kenia, Madagaskar, Mali, Mauritanië, Marokko, Namibië, Nigerië, Senegal, Suid-Afrika, Tanzanië, Tunisië, Uganda en Zimbabwe.

– Sport24

Meer oor:  Sfax  |  Percy Tau  |  Bafana Bafana  |  Libië  |  Tunisië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.