Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana se Bradley wys hy’s reg
06 September 2018

Die afrigter van Suid-Afrika se nasionale sokkerspan, Stuart Baxter, het Bafana Bafana se oefenwedstryd teen AmaZulu Woensdag as “heel nuttig” beskryf.

Bradley Grobler tydens ’n Bafana Bafana-oefening Dinsdag. Foto: Gallo Images

Die nasionale span het ná ’n oefensessie in twee helftes van ’n halfuur elk teen die ligaspan in die Princess Magogo-stadion gespeel. Dit is ter voorbereiding vir die Afrikabeker-kwalifiseringswedstryd teen Libië Saterdag in Durban.

Bradley Grobler, wat SuperSport United se enigste doel in die MTN 8-halfeindstryd teen Kaizer Chiefs aangeteken het, was weer in die kol in die oefenwedstryd.

Hy het weens ’n skeet eers Dinsdag saam met die groep begin oefen.

Die ander doel is deur Vincent Pule aangeteken. Hy is een van die vier spelers wat vandeesweek ná onttrekkings ontbied is. – Sportredaksie

Meer oor:  Amazulu  |  Bafana Bafana  |  Oefenwedstryd  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.