Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana verloor, maar nie uitoorlê

Die eerste van Ghana se twee doele was weliswaar tussen die bene van ’n verdediger deur, maar Bafana Bafana se nuwe afrigter, Molefi Ntseki, wou nie die skuld vir sy sokkerspan se nederlaag voor die deur van die spelers lê nie.

Molefi Ntseki, Bafana Bafana se nuwe afrigter. Foto: Gallo Images

Die twee doele was bloot kragtige doelpogings, hulle het nie fouteer nie en is ook nie uitoorlê nie, het Ntseki gesê nadat Ghana dié kwalifiserende wedstryd om deelname aan die Afrikabeker-toernooi Donderdagaand in Cape Coast met 2-0 gewen het.

Thomas Partey, middelveldspeler van Atlético Madrid, het die Black Stars in die 35ste minuut met ’n langafstand-skoot laat voorloop.

Die tiener Mohammed Kudus het in sy buiging as plaasvervanger, met tien minute oor, met ’n uitstekende kanonskoot die telling 2-0 gemaak.

“Dit was eintlik baie gelykop as jy die wedstryd ontleed en gaan kyk hoe hulle doele aangeteken is,” het Ntseki ná sy eerste groot wedstryd aan die stuur van die nasionale span gesê.

Ek dink die spelers verdien steeds lof, ek kon nie fout vind met hul poging nie.
Molefi Ntseki

“Ek dink nie ons posisionering (op die verdediging) was te sleg nie, het Ntseki volgens kickoff.com gesê.

“Ek dink dit was ’n baie goeie wedstryd. Ons is teleurgesteld omdat ons verloor het en dit sou dalk ’n regverdiger uitslag gewees het as ons gelykop gespeel het.

“Ek dink die spelers verdien steeds lof, ek kon nie fout vind met hul poging nie. Hulle het alles gedoen wat hulle moes, dit was ongelukkig nie ons dag nie.”

Die doelskieter Bradley Grobler kon Bafana die vroeë voorsprong gegee het, maar het sy poging oor die dwarsbalk gejaag.

Suid-Afrika het Bongani Zungu met ’n besering in die eerste helfte verloor.

Hy kan nie die naweek in die week se tweede kwalifiserende stryd teen die Soedan oorweeg word nie.

Bafana Bafana speel Sondag in Soweto teen die Woestynvalke, wat vir Sao Tome & Principe met 4-0 in hul eerste wedstryd geklop het.

TV: Sondag 15:00 (SABC 1). – Sportredaksie

Meer oor:  Afrikabeker  |  Molefi Ntseki  |  Ghana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.