Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana in Oktober 2 keer in aksie
Le Coq Sportif is die klereborg van Frankryk se rugbyspan. Sy kenteken pryk op die regterbors van die truie. Die Franse Rugbyfederasie se haan is op die linkerbors. Le Coq Sportif sal Bafana Bafana ook van November af borg. Foto: Getty Images

Bafana Bafana sal nie volgende maand al in sy twee vriendskaplike wedstryde reeds met die hoenderhaan – die kenteken van sy nuwe klereborg – op die bors uitdraf nie.

Die eerste van die twee kragmetings, met Namibië, wat in Windhoek sou plaasvind, is intussen ook na Phokeng buite Rustenburg verskuif.

Dié wedstryd teen die buurland sal op 8 Oktober in die Royal Bafokeng-stadion gespeel word, waarna Suid-Afrika op 11 Oktober ook daar teen Zambië te staan gaan kom.

Die land se skuif na die vlak 1-inperking maak dit moontlik vir die lande om hier te kom speel.

Molefi Ntseki, afrigter van Bafana Bafana Foto: Gallo Images

Safa het vroeër die week aangekondig die Bafana-breier, Molefi Ntseki, sal die beheerliggaam Saterdag toespreek omtrent die program wat hy beplan.

’n Woordvoerder van Safa sê Ntseki sal sy groep vir die twee wedstryde Woensdag aankondig.

Die twee vriendskaplike wedstryde bied die span slypkans vir sy twee komende wedstryde teen São Tomé & Príncipe. Die twee wedstryde is albei kwalifiserende wedstryde vir die Afrikabeker-toernooi.

Bafana Bafana pak São Tomé & Príncipe op 13 November in Johannesburg en drie dae later weer in die wegwedstryd op dié eiland aan Afrika se weskus.

Suid-Afrika sal in die eerste wedstryd teen die eilandnasie in die klere van Le Coq Sportif speel.

Suid-Afrika se laaste twee wedstryde ter kwalifisering is in Maart 2021 teen Ghana in Johannesburg en teen die Soedan in Khartoem.

Die Afrikabeker-toernooi in Kameroen is weens die Covid-19-pandemie tot in Januarie 2022 uitgestel.

Bafana het verlede jaar met 0-2 teen Ghana verloor en die Soedan met 1-0 geklop.

Die Afrikabeker-toernooi in Kameroen is weens die Covid-19-pandemie tot in Januarie 2022 uitgestel.

Suid-Afrika se wedstryde om vir Wêreldbeker-toernooi van 2022 in Katar te kwalifiseer begin in Mei 2021.

Meer oor:  Molefi Ntseki  |  Namibie  |  Suid-Afrika  |  Zambië  |  Sokker  |  Afrikabeker-Toernooi  |  Bafana
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.