Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bafana wil Franse klub by Fifa verkla

Stuart Baxter, afrigter van Suid-Afrika se sokkerspan, is vies oor die Franse klub Strasbourg se “amateuragtige hantering” van sake rondom Lebo Mothiba, wat die vierde speler geword het om hom aan Bafana Bafana se groep te onttrek.

Stuart Baxter tydens Bafana Bafana se oefening Dinsdag in die Princess Magogo-stadion in Durban. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaners kom Saterdag in Durban in ’n kwalifiseringswedstryd om die Afrikabeker teen Libië te staan.

Strasbourg, wat Mothiba maar onlangs van Lille bekom het, sê die doelskieter het ’n graad 2-skeur in sy dyspier opgedoen, wat hom vir tien tot 17 dae op die kantlyn sal hou.

Baxter wou stawende mediese papiere sien. Hy sê sy spandokter het Sondagaand in Johannesburg aan hom gesê dat hy ’n e-pos van Strasbourg gekry het waarin die klub sê dat Mothiba vir ’n skandering moes gaan. Maandag in Durban was daar nog ’n boodskap, wat beweer het hy het wel ’n skeurtjie opgedoen.

Baxter dring daarop aan om ’n foto van die skandering te sien en het nou selfs gedreig om die kwessie met Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) op te neem.

Mxolisi Macuphu van Wits is intussen in Mothiba se plek ontbied.Sportredaksie, kickoff.com

Meer oor:  Lebo Mothiba  |  Bafana Bafana  |  Strasbourg  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.