Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Banyana nie Ciprus toe om getalle te vul
Janine van Wyk, kaptein van Banyana Banyana.Foto: Gallo Images

Noudat Banyana Banyana die status as ’n Wêreldbeker-kwalifiseerder verwerf het, gaan hy nie beskeie doelwitte in die jaarlikse sokkertoernooi om die Ciprusbeker nastreef nie.

Hy pak Finland Woensdag in sy eerste groepwedstryd in dié toernooi, waaraan 12 spanne deelneem.

Die Suid-Afrikaanse kaptein, Janine van Wyk, het op die vooraand van die toernooi gesê hulle is vanjaar nie in Ciprus om slegs mee te ding nie.

“Ons wil verbeter op verlede jaar, toe ons sesde was,” sê die kaptein.

Dit was die beste wat Banyana al in dié toernooi kon vaar.

Van Wyk, wat vanjaar in haar sewende Ciprusbeker-toernooi speel, meen hulle kan die groepfase oorleef en hopelik nog onder die eerste drie spanne eindig.

Ons wil verbeter op verlede jaar, toe ons sesde was. Dis waarna ons nou streef.
Janine van Wyk

“Dis waarna ons nou streef.”

Suid-Afrika speel in sy ander twee groepwedstryde Vrydag teen Noord-Korea, waarna hy Maandag teen die Tsjeggiese Republiek te staan kom.

Van Wyk-hulle wil uiteraard met ’n sege wegspring, maar verwag ’n fisieke aanslag van die Finne

“In al die wedstryde teen die Europese spanne, moet jy jou staal vir ’n fisieke stryd,” het sy gesê.

Desiree Ellis. Banyana Banyana se afrigter.

Die feit dat die SA afrigter, Desiree Ellis, voor die span se vertrek gesê daar kan nog ’n verandering of wat kom voor die Wêreldbeker-uitverkorenes bekend gemaak word, beteken die 23 spelers in Ciprus sal op hul tone bly.

Die toernooi in Ciprus, wat vanjaar die 12de keer beslis word, gaan baie goeie voorbereiding bied vir die WB-toernooi, wat van 7 Junie tot 7 Julie in Frankryk gehou word.

Banyana Banyana gaan voor die skouspel in Mei in Santa Clara kans kry om hom teen die voorste span in die wêreld, Amerika, te meet.

Hulle gaan hulle in Frankryk in ’n groep saam met Spanje, China en Duitsland bevind.

– Johann de Jager, Safa.net

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.