Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Barça nou waardevolste klub

Barcelona het by sy Spaanse teenstander Real Madrid oorgeneem as die wêreld se waardevolste sokkerklub met ’n totale waarde van $4,76 miljard.

Die sokkerklub van die superster Lionel Messi, Barcelona, is nou die waardevolste een ter wêreld. Foto: Getty Images

Die saketydskrif Forbes berig Real Madrid, wat in die verlede vyf keer in die nr. 1-posisie op dié lys was, het Barcelona Saterdag in die spanne se El Clásico-derby met 2-1 geklop en is met $4,75 miljard tweede op die lys.

Forbes sê die gemiddelde waarde van die voorste 20 klubs in Europa het met 30% toegeneem en is nou $2,28 miljard – ondanks die Covid-19-pandemie wat ’n wesentlike impak op die klubs se inkomste gehad het.

Die totale inkomste wat klubs met wedstryde gekry het, het verlede seisoen tot $441 miljoen gekrimp – ’n daling van 9,6% in vergelyking met die 2017/’18-seisoen.

“Die pyn is ver van verby met inkomste wat verder daal in die huidige seisoen. Die meeste Europese spanne mag steeds net ’n baie beperkte getal toeskouers in stadions toelaat,” sê Mike Ozanian, Forbes se assistent- besturende direkteur.

Die Europese kampioen, Bayern Münich ($4,21 miljard), beklee die derde plek, terwyl die Engelse Premierliga se Groot Ses, Manchester United, Liverpool, Manchester City, Chelsea, Arsenal en Tottenham Hotspur, ook onder die toptien is.

Paris St. Germain, die Franse kampioen, is in die negende plek met $2,5 miljard, wat ’n stewige styging van 129% in die afgelope twee seisoene is. – Reuters

Meer oor:  Real Madrid  |  Forbes  |  Barcelona  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.