Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Basta met sjampanje vir wenners

Die Engelse Sokkervereniging (FA) gaan wegdoen met die tradisie om sjampanje aan titelwenners uit te deel in ’n poging om nie aanstoot te gee aan spelers wie se geloofsoortuigings hulle verbied om alkohol te gebruik.

Chelsea vier hul sege in die FA Cup-eindstryd in 2018. Foto: Getty Images

SuperSport berig die besluit is ook geneem om te verhoed dat alkohol gegee word aan spelers onder die wettige ouderdom om te drink (18 in Brittanje).

“Wenspanne sal beloon word met niealkoholiese vonkelwyn vir hul feesvierings in alle FA-kompetisies,” sê die beheerliggaam in ’n verklaring.

“Dit is om te verseker ons is so inklusief as moontlik vir spelers en gemeenskappe wat nie alkohol mag gebruik nie, sowel as spelers jonger as 18.”

Sjampanje is ’n gereelde verskynsel op die veld wanneer spanne fees vier.

Die nuwe beleid tree in werking by vanjaar se FA Cup-eindstryd tussen Manchester City en Watford op 18 Mei by die Wembley-stadion.

Manchester City se Riyad Mahrez, Benjamin Mendy en Ilkay Gundogan tel onder die Moslems wat vanjaar in die eindstryd kan verskyn, asook Watford se Abdoulaye Doucoure.

Islam verbied die gebruik van alkohol.

– Sportredaksie

Meer oor:  Vonkelwyn  |  Sokker  |  Fa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.