Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Baxter se seun help Bafana brei

Die Suid-Afrikaanse sokkerspan gaan moontlik Saterdag in Durban sonder ’n handvol van Stuart Baxter se uitverkorenes teen Libië oor die weg moet kom in dié span se kwalifiseringswedstryd vir die toernooi om die Afrikabeker.

Stuart Baxter. Foto: Gallo Images

Die Bafana Bafana-spelers het Maandag in die hawestad aangekom waar hulle die Groep E-voorlopers die eerste keer tot dusver in die Moses Mabhida-stadion sal pak.

Baxter, die hoofafrigter, is ’n paar middelveldspelers vir dié kragmeting kwyt, terwyl die beseringslys nog kan groei.

Baxter sê hulle sal so gou moontlik die terugslae moet oorkom en die nodige aanpassings maak. Hy was vir tien minute neerslagtig, maar wil nou graag werk met wat hy het.

Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Maandag op Twitter bekend gemaak dat Bongani Zungu (knie, Amiens) en Themba Zwane (toon, Mamelodi Sundowns) weens beserings aan die groep onttrek het.

Nog ’n middelveldspeler, Hlompho Kekana, sal weens ’n besering ook nie meer oorweeg word nie.

Daar bestaan boonop twyfel oor Lebo Mothiba (dyspier, Lille) se deelname. Baxter het nog gewag vir die uitslae van die skanderings wat hy by sy Franse klub ondergaan het.

SuperSport se Dean Furman en Bradley Grobler dokter ook nog hul skete reg en het nie Maandagmiddag saamgeoefen nie.

Vincent Pule (Orlando Pirates), Aubrey Modiba (Supersport), Tiyani Mabunda (Mamelodi Sundowns) is reeds in die plekke van Zwane, Zungu en Kekana ontbied.

* Daar is nou twee Baxters in die bestuurspan.

Die afrigter het sy seun Lee betrek as doelwagterafrigter.

Dit kom nadat André Arendse hom vroeër weens familieverpligtinge onttrek het.

Om Baxter junior te betrek, maak sin. Hy is Kaizer Chiefs se doelwagterbreier en het reeds ’n goeie verhouding opgebou met Itumeleng Khune, SA se doelwagter.

Baxter se seun het self ook op ’n hoë vlak gespeel en onder andere vir Blackburn Rovers en Glasgow Rangers uitgedraf.

Meer oor:  Afrikabeker  |  Lee Baxter  |  Bafana Bafana  |  Libië  |  Stuart Baxter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.