Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Baxter wil spelers in Egipte beskerm
Stuart Baxter Foto: Gallo Images

Die onlangse ontploffing naby die piramides in Giza, waarin drie Suid-Afrikaners beseer is, gaan Bafana Bafana nie ontsenu nie.

Bafana neem van 21 Junie tot 19 Julie in Egipte aan die Afrikabeker-sokkertoernooi deel.

Stuart Baxter, Bafana-afrigter, glo die veiligheid sal dramaties opgeskerp word vir die toernooi en die spelers sal hul net oor sokker hoef te bekommer.

Baxter het gepraat by die aankondiging van ’n voorlopige groep vir dié toernooi en ’n tweede groep vir die komende Cosafa-toernooi.

Dié afrigter is gevra of die span ná die gebeure die naweek ’n sielkundige sal saamneem om die spelers by te staan. Baxter sê hy het begrip vir die vraag, maar volgens hom beoog hy om die spelers “in ’n borrel te hou.”

Hulle gaan nie konsentreer op negatiewe dinge nie, en as daar ’n sielkundige saamgaan, sal dit nie daarvoor wees nie.
Stuart Baxter

“Hulle gaan nie konsentreer op negatiewe dinge nie, en as daar ’n sielkundige saamgaan, sal dit nie daarvoor wees nie,” sê hy.

Baxter se grootste dilemma in die stadium is dat hy nog sy voorlopige groep van 30 spelers tot 23 moet uitdun voor hulle op 12 Junie na die Verenigde Arabiese Emirate vertrek, waar hulle twee opwarmingswedstryde gaan speel.

Die ervare doelwagter Itumeleng Khune, wat aan die begin van die jaar ’n skouerbesering opgedoen het, is toe nie betrek nie.

“Hy is nie fiks nie, hy was nog nie weer in ’n wedstryd betrokke nie,” verduidelik Baxter.

Ben Motshwari van Orlando Pirates en Fortune Makaringe van Maritzburg United is die enigste twee nuwelinge.

Nikola Tavares

Nikola Tavares van Crystal Palace in Engeland en Joel Unteresee wat vir FC Zürich in Switserland speel, is in die voorlopige groep, maar hul betrokkenheid is nog aan die verkryging van paspoorte onderhewig.

Baxter sê van die spelers wat intussen in die Cosafa-groep in aksie is, kan ook nog die finale Afrika-groep haal. Dié span gaan deur David Notoane as afrigter bygestaan word.

Die middelveldspeler Keagan Dollie van Montpellier in Frankryk is die enigste speler wat Dinsdag in albei Bafana-groepe ingesluit is, omdat hy gevra het om bykomende wedstrydoefening te kry.

Die toernooi om die Cosafa-beker (tussen spanne van Suider Afrika) word van 25 Mei tot 8 Junie in Durban gehou.

Angola het hom intussen daaraan onttrek om op sy plaaslike liga en sy deelname aan die Afrikabeker-toernooi te konsentreer. – Bykomende bronne: Safa.net,enca.com

SA vergrote groep vir Afrika-beker:
Doelwagters: Darren Keet (Wits), Ronwen Williams (SuperSport United), Bruce Bvuma (Kaizer Chiefs). Verdedigers: Daniel Cardoso (Kaizer Chiefs), Rivaldo Coetzee (Mamelodi Sundowns), Ramahlwe Mphahlele (Kaizer Chiefs), Thulani Hlatshwayo (Wits), Buhle Mkhwanazi (Wits), Sifiso Hlanti (Wits), Innocent Maela (Orlando Pirates), Thamsanqa Mkhize (Cape Town City). Middelveldspelers: Bongani Zungu (Amiens, Frankryk), Hlompho Kekana (Mamelodi Sundowns), Themba Zwane (Mamelodi Sundowns), Tiyani Mabunda (Mamelodi Sundowns), Dean Furman (SuperSport United), Kamohelo Mokotjo (Brentford, Engeland), Thulani Serero (Vitesse, Nederland), Thembinkosi Lorch (Orlando Pirates), Keagan Dolly (Montpellier, Frankryk), Fortune Makaringe (Maritzburg United), Ben Motshwari (Orlando Pirates). Doelskieters: Lebo Mothiba (Strasburg, Frankryk), Percy Tau (Royale Union Saint-Gilloise, België), Lars Veldwijk (Sparta Rotterdam, Nederland), Lebogang Maboe (Mamelodi Sundowns), Sibusiso Vilakazi (Mamelodi Sundowns), Kermit Erasmus (Cape Town City).

Ander (onderhewig aan paspoorte): Nikola Tavares (Crystal Palace, Engeland), Joel Unteresee (FC Zurich, Switserland).

Meer oor:  Stuart Baxter  |  Egipte  |  Veiligheid  |  Bafana Bafana  |  Sokker  |  Afrikabeker-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.