Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
BBC saai 1ste Premierliga-wedstryde uit

Die BBC, Brittanje se nasionale uitsaaier, gaan vir die eerste keer Pemierliga-sokkerwedstryde regstreeks uitsaai wanneer die seisoen volgende maand hervat.

“Die geleentheid skep ’n geskiedkundige oomblik vir die BBC en ons gehore. In ’n tyd wanneer sportondersteuners oor die land heen ’n opkikkering nodig het, is dit welkome nuus,” sê Barbara Slater, die direkteur van BBC Sport.

Aanhangers van die Engelse Premierliga kan hulle regmaak vir die groot stryd tussen Arsenal en Manchester City wanneer dié sokkerreeks op 17 Junie hervat. Foto: Getty Images

Dit sal die eerste keer sedert 1992 wees, toe die Premierliga ontstaan het, dat die BBC wedstryde regstreeks uitsaai. Die afgelope klompie jare het die BBC, wat deur lisensies befonds word, net hoogtepunte van wedstryde vertoon.

Dié prestigeryke en gewilde liga se wedstryde is nog altyd eksklusief op betaalkanale vertoon.

Al 92 wedstryde wat nog hierdie seisoen gespeel moet word, sal in Brittanje regstreeks uitgesaai word deur Sky Sports, BT Sport, BBC Sport en Amazon Prime.

Die BBC sal vier wedstryde kry om uit te saai. Sky Sport kry 64 wedstryde met die gratis kanale wat 25 wedstryde mag uitsaai.

SuperSport, wat die uitsaairegte vir dié wedstryde in Suid-Afrika hou, sal ook weer sy uitsending van die liga hervat.

Die Premierliga-seisoen begin weer op 17 Junie, met die voorwaarde dat alle veiligheidsvoorwaardes in plek is.

Twee wedstryde sal daardie Woensdag gespeel word. Aston Villa speel teen Sheffield United en Manchester City kom teen Arsenal te staan.

’n Volle lys bepalings sal dan gedurende die naweek van 19 tot 21 Junie afgehandel word.

Al die wedstryde sal gespeel word sonder enige toeskouers teenwoordig.

Die Premierliga is op 13 Maart weens die koronavirus-pandemie opgeskort.

Spanne het verlede week weer in groepies begin oefen en Woensdag is besluit dat die spelers nou ook weer kontak-sessies mag hou. – Reuters

Meer oor:  Premierliga  |  Brittanje  |  Bbc  |  Manchester City  |  Sheffield United  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.