Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Benni gepos ná net 2 seges in 18 wedstryde
Tot siens Benni McCarthy, wat Maandag summier afgedank is. Foto: Gallo Images

Die Kaapse Premierliga-klub Cape Town City het Maandag kort ná middernag die legendariese Bafana Bafana-doelskieter Benni McCarthy in die pad gesteek.

Die klub het die nuus om 12:12 in ’n reeks twiets bevestig.

“Cape Town City-sokkerklub het die afrigter Benni McCarthy se dienste summier beëindig in die nadraai van ’n vertoningslys waar die klub twee van sy laaste 18 wedstryde kon wen,” sê die Citizens in ’n verklaring op Twitter.

“Die klub bedank Benni vir sy diens die afgelope drie seisoene en wens hom sterkte toe met sy volgende onderneming. Hy word nou ’n belangrike deel van die klub se geskiedenis en is trots op die suksesse wat ons saam gedeel het.

“Die klub het die hulpafrigter Vasili Manousakis as tussentydse breier aangestel terwyl ons voorberei om die volgende hoofstuk en nuwe hoofafrigter aan te kondig.

“Die toekoms bied opwindende tye vir Cape Town City op en van die veld en ons bly toegewyd aan ons groot planne en doelwitte.”

Cape Town City bevind hom in die 13de plek op die punteleer met agt punte uit nege wedstryde, 14 punte agter die voorlopers, Kaizer Chiefs.

– Sportredaksie

Meer oor:  Benni Mccarthy  |  Cape Town City  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.