Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Benni wil by Mourinho gaan leer

Benni McCarthy, die voormalige Bafana Bafana-doelskieter en gewese afrigter van die Premierliga-sokkerspan Cape Town City, wil tyd saam met Tottenham Hotspur in Engeland deurbring sodat hy by José Mourinho kan leer.

José Mourinho (links) saam met José Bosingwa (middel) en Benni McCarthy voor die eindstryd van die Europese Kampioeneliga in Gelsenkirchen, Duitsland, in 2004. McCarthy se span, FC Porto, het Monaco met 3-0 in dié kragmeting geklop. Foto: Getty Images

McCarthy wat laat verlede jaar die trekpas by Cape Town City gekry het nadat dié span slegs twee uit 18 wedstryde kon wen, het in ’n onderhoud met BBC Africa gesê hy het nog gereelde kontak met Mourinho, wat hom destyds afgerig het toe hy vir FC Porto in Portugal gespeel het.

“Ek praat gereeld met José en ek gaan tyd by Spurs deurbring om te sien hoe hy dinge doen en wat ek by hom kan leer,” het McCarthy gesê.

Onder Mourinho het McCarthy-hulle in 2004 die Europese Kampioeneliga gewen.

Die 42-jarige McCarthy het in die onderhoud ook onthul dat Mark Hughes, wat hom in sy dae by Blackburn Rovers afgerig het, binnekort met hom gaan vergader.

Hughes is einde 2018 die trekpas gegee as afrigter van Southampton, maar McCarthy het die hoop uitgespreek dat hy weer sal begin afrig en dat hy in só ’n geval nie sal omgee om een van sy assistente te wees nie.

“Ek het groot agting vir hom. Om ’n hulpafrigter te wees, bied jou die geleentheid om saam met hoogs ervare afrigters te werk. Jy kan eerstehands by hulle leer.

“Neem byvoorbeeld vir Kolo Toure. Hy het lank onder Arséne Wenger gespeel by Arsenal en toe later onder Brendan Rogers by Liverpool. Toe Brendan later Glasgow Celtic toe is, het hy hom by Brendan se afrigtingspan aangesluit.

“Sodra jy dink jy het genoeg geleer, kan jy dan vir geleenthede gaan soek om ’n hoofafrigter te wees,” het McCarthy gesê. – Sport24.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.