Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
'Beserings kan sokkerspelers bloots ry'

’n Toename aan beserings is straks sokkerspelers se voorland wanneer die Engelse Premiersokkerliga later vandeesmaand hervat word ná die onderbreking weens die Covid-19-pandemie.

WOLVERHAMPTON, ENGLAND - MAY 20: A English Premier
Kragmetings in die Engelse Premierliga word op 17 Junie hervat. Foto: getty Images

Dié vermaning kom van dr. Paul Catterson, spandokter van Newcastle United, voordat kragmetings in die liga op 17 Junie hervat.

Soos die meeste sportligas wêreldwyd, is die Premierliga in Maart tydelik opgeskort om die verspreiding van die koronavirus te probeer bekamp.

“Ons verwag ’n toename in beserings. Die spelers het vir agt weke binnenshuis geoefen en op trapmeule gehardloop en die oorgang is ’n verskillende stimulus vir die liggaam.

“Daar was ’n paar jaar gelede ’n sluiting van die NFL (Nasionale voetballiga) en daar was ’n toename in hakskeenbeserings, so dit is iets om dop te hou,” het Catterson aan die BBC gesê.

Die NFL was van 11 Maart 2011 tot 25 Julie 2011 gesluit weens verskille oor onder meer salarisse tussen die spelers en beamptes.

“Ons het reeds (sedert oefening hervat het) spelers gehad wat gevra het of hulle in ’n ysbad kan sit ná oefening, maar ons kan dit nie op die oomblik toelaat nie.

“Al wat ons kan doen is om hulle ys saam te gee huis toe. Dit is soos om die horlosie met 15 jaar terug te draai.”

Ons is net so sterk soos ons swakste skakel.

Die liga se beplande terugkeer het verlede week ’n hupstoot gekry toe die jongste toetse wat vir die Covid-19-virus gedoen is, almal negatief was.

In die eerste drie rondes van toetse sedert oefening hervat is, was daar 12 positiewe toetse.

“Ek is vol vertroue dat die oefenvelde van die Premierliga van die veiligste omgewings is wat daar is. Daar rus ’n groot onus op die spelers, want hulle sal hulle professioneel buite hierdie omgewing moet gedra. Ons is net so sterk soos ons swakste skakel.

“As iemand nie die voorskrifte volg nie, is dit ’n risiko vir die groep,” sê Catterson.

Ook die voormalige Springbok-vleuel Pieter Hendriks het verlede week gewaarsku dat meer beserings nou kan voorkom omdat sportmanne en -vroue tydens die staat van inperking dalk nie voldoende kon oefen nie. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Koronavirus  |  Beserings  |  Inperking  |  Paul Catterson  |  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.