Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Bewondering vir skouerbyter Suárez
Luis Suárez gryp sy botande nadat hy Giorgio Chiellini (agtergrond) op die skouer gebyt het. Foto: Getty Images

Giorgio Chiellini bewonder die Uruguaanse doelskieter Luis Suárez omdat hy hom gebyt het in ’n Wêreldbekerwedstryd in 2014.

Suárez, wat op die veld met sy oortreding weggekom het, is later vir vier maande en nege internasionale kragmetings geskors.

Die voormalige Italiaanse verdediger sê egter in sy outobiografie hy koester geen kwade gevoelens teenoor sy teenstander nie.

“Venyn is deel van sokker, ek sou dit nie as ongeoorloof beskryf nie. Jy moet slim wees om ’n verdediger te klop,” sê die Juventus-kaptein in sy boek Io, Giorgio.

Chiellini pleit by die skeidsregter. Foto: Getty Images

“Ek bewonder sy sluheid. As hy daardie eienskap prysgee, sou hy in ’n doodnormale doelskieter verander.”

Volgens Chiellini het niks vreemds daardie dag in 2014 gebeur nie.

“Ek het my vir die grootste deel van die wedstryd op (Edinson) Cavani toegespits, nog ’n speler wat moeilik is om in toom te hou en wat nie teen ons teruggehou het nie,” skryf hy.

“Ek besef toe ewe skielik dat ek op my skouer gebyt is. Dit het sommer net so gebeur, maar dit is sy strategie in ’n tweestryd en, kan ek maar sê, dit is myne ook. Ek en hy is eenders en ek geniet dit om teenstanders soos hy te pak.”

Die wedstryd was doelloos toe die voorval plaasgevind het, maar Diego Godín, Uruguay se kaptein, het in die 81ste minuut seker gemaak sy span dring deur na die uitspeelrondes toe hy die enigste doel van die kragmeting aangeteken het.

Suárez (33) is reeds drie keer weens ’n bytery geskors, terwyl hy ook só weens rassistiese uitlatings gestraf is.

– Reuters

Meer oor:  Giorgio Chiellini  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.