Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Blaser geskors ná hy speler kopstamp
Volgens die polisie is die skorsing ten volle geregverdig omdat die skeidsregter versuim het om ’n voorbeeld vir die jeug te stel. Foto: Getty Images

’n Italiaanse skeidsregter is vir ’n jaar geskors nadat hy kop verloor het en ’n doelwagter wat hy van die veld af gestuur het met die kop gestamp het.

Die sokkerwedstryd tussen Borgo Mogliano en Montottone in Macerata op 1 Februarie is versuur toe die blaser, Antonio Martiniello, die Borgo Mogliano-doelwagter, Matteo Ciccioli, ’n rooikaart gegee het.

Dit het egter nie daar gebly nie.

Ciccioli het die beampte ná afloop van die kragmeting buite die kleedkamer voorgekeer en aangedring op ’n verduideliking vir sy straf. Martiniello was nie beïndruk nie en het die speler ’n kopstamp gegee. Ciccioli is na ’n hospitaal geneem om sy beserings te behandel.

Martiniello se skorsing verhoed hom nie net om vir die volgende jaar as ’n skeidsregter diens te doen nie. Hy word ook verbied om die fasiliteite van enige klub in Italië se boonste drie ligas binne te gaan, asook wedstryde waarby die Italiaanse nasionale span betrokke is.

Volgens die polisie in Macerata is die skorsing ten volle geregverdig omdat Martiniello versuim het om ’n voorbeeld vir die jeug te stel.

Montottone het met 3-1 geseëvier.

– Reuters

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.