Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Blatter in geïnduseerde koma
Sepp Blatter, die voormalige Fifa-hoof, sterk in ’n hospitaal aan nadat daar komplikasies ná ’n hartoperasie was. Foto: EPA

Sepp Blatter, die onteerde voormalige president van die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa), was in Desember ’n week in ’n geïnduseerde koma ná ’n hartoperasie.

“Net voor Kersfees is hy na die hospitaal vir ’n hartoperasie. Maar alles het meer gekompliseerd en gevaarlik geraak. Hy het glad nie gereageer nie,” het Corinne Andenmatten, sy dogter, in ’n onderhoud met die Switserse media gesê.

Volgens haar is die 84-jarige oud-sokkerbaas in November positief vir die koronavirus getoets, maar het hy herstel en nie enige blywende simptome getoon nie.

Blatter, wat Fifa vir 17 jaar lank met ’n ysterhand geregeer het, is in 2015 deur dié beheerliggaam se etiese komitee geskors nadat daar met ’n strafregtelike ondersoek teen die Switser begin is. Hy word daarvan verdink dat hy bedrog gepleeg het en hom ook aan wanbestuur en wanbesteding skuldig gemaak het.

“Ek is nie ’n mediese dokter of ’n psigiater nie, maar as jy alles in ag neem wat hy die afgelope vyf jaar moes deurgaan, kan jy jou indink dat hy onder geweldige druk was,” sê sy.

Volgens haar herstel haar pa stelselmatig en is hy nie meer in die hospitaal se hoësorgeenheid nie. – Reuters

Meer oor:  Sepp Blatter  |  Fifa  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.