Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Botswana skop Banyana uit Tokio-Spele
Desiree Ellis, afrigter van Banyana Banyana.Foto: Gallo Images

Banyana Banyana se kans om ’n derde agtereenvolgende keer by die Olimpiese Spele in aksie te wees, is daarmee heen.

Botswana het hom Dinsdagaand in die tweede wedstryd van hul kwalifiserende kragmeting om deelname in Tokio met 3-2 in ’n strafdoelstryd geklop.

Dié wedstryd in die Orlando-stadion in Soweto het geen doele in gewone óf bykomende speeltyd opgelewer nie. Die eerste wedstryd, verlede week in Gaborone, was ook sonder doele.

Suid-Afrika se afrigter, Desiree Ellis, het aan sport24.co.za gesê hulle het ’n oorvloed kanse gehad wat hulle nie benut het nie.

“Ons kon met rustyd met 4-0 voorgeloop het. Dis ’n ramp en ons almal is baie teleurgesteld.”

Die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan was in 2012 in Londen en 2016 in Rio de Janeiro in aksie. – Sportredaksie

Meer oor:  Desiree Ellis  |  Suid-Afrika  |  Tokio  |  Sokker  |  Olimpiese Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.