Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Breier geskors ná hy glo teen doelhok piepie

Beroepsport verg die toepassing van daardie iets ekstra om sukses te behaal.

Maar die doelwagter-afrigter van die Zambiese Superligaspan Forest Rangers het ’n lyn oorskry wat tot sy skorsing gelei het – hangend ’n tugverhoor deur die land se sokkerbeheerliggaam.

Charles Chileshe (regs) se poging om sy span deur vreemde metodes ’n voordeel te gee, het misluk. Foto: Facebook

Die Zambiese Sokkervereniging (FAZ) sê in ’n verklaring Charles Chileshe word van onsportiewe gedrag aangekla deur in aanloop tot Saterdag se kragmeting teen die Prison Leopards “ ’n onbekende middel in die doel te strooi en te urineer, of voor te gee dat hy urineer, teen die doelhok”.

Chileshe word verder daarvan aangekla dat hy “opgetree het op ’n wyse wat nie ooreenstem met die waardes en integriteit van sokker soos voorgestaan deur FIFA, CAF en FAZ nie”.

Rangers het ook in ’n verklaring gesê die klub het ongespesifiseerde tugstappe teen Chileshe gedoen.

Die gebruik van “moeti”, die oortuiging dat rituele kan help om sukses op die veld te behaal, is nie ongekend in Afrika-sokker nie, maar wat ook al Chileshe probeer bereik het, het nie hierdie keer gewerk nie. Die Leopards het sy span met 2-0 geklop.

Rangers het ook die liga-kroon deur hul vingers laat glip op die laaste dag van verlede seisoen toe hulle met die swakker Zanaco moes afreken om die titel te beklink, maar het op hul tuisveld met 0-0 gelykop gespeel.

Die Chileshe-voorval volg op aantygings van “heksery” deur Zimbabwe se afrigter, Zdravko Logarusic, by die Afrikabeker-toernooi in Kameroen.

’n Dooie vlermuis is Saterdag voor die afskop in die openingswedstryd teen die gasheer op die halflyn gevind. Zimbabwe het met 1-0 verloor. – Reuters

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.