Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Breier ontstel posdiens met ‘druk’-uitlating

Maurizio Sarri, afrigter van die Italiaanse sokkerreus Juventus, het die land se posdiens omgekrap deur te sê dat as hy druk wou vermy, sou hy ’n "pos by die poskantoor aanvaar het".

Maurizio Sarri, afrigter van Juventus. Foto: Getty Images

Goal.com berig die voormalige Chelsea-breier het die uitlating vandeesweek op ’n mediakonferensie ná afloop van ’n tweede agtereenvolgende nederlaag gemaak.

Poste Italiane het Sarri ná sy uitlating genooi om vir ’n dag in die posdiens te gaan werk.

“In teenstelling met mnr. Sarri se bewering bestaan daar wel druk in die poskantoor,” sê die posdiens in 'n verklaring.

“Ons is aanspreeklik teenoor die publiek, ondernemings en staatsinstellings.

“Poste Italiane nooi mnr. Sarri uit om ’n paar minute van sy waardevolle tyd af te staan om te ontdek dat die posdiens die grootste maatskappy in die land is, deur jong gegradueerdes beskou word as een van die aantreklikste maatskappye om by te werk, en erken word as een van 500 van die wêreld se voorste maatskappye wat werkstevredenheid betref.

“Ons wag vir hom in een van ons 15 000 takke sodat hy ons daaglikse arbeid persoonlik kan aanskou.”

Sarri, ’n 61-jarige voormalige bankier, het aan die begin van die seisoen Juventus se leisels by Massimiliano Allegri geneem.

Juventus, die verdedigende kampioen, bevind hom weens ’n swakker doeleverskil egter tweede naas Inter Milan op die Serie A-punteleer.

– Sportredaksie

Meer oor:  Juventus  |  Poskantoor  |  Maurizio Sarri  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.