Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Brentford pak Arsenal in 1ste topstryd in 74 j.

Brentford sal op 14 Augustus sy langverwagte terugkeer tot Engelse sokker se topliga maak.

Pontus Jansson, Brentford se kaptein, hou die beker vas nadat sy span einde Mei sy Eersteliga-uitspeelstryd teen Swansea gewen het. Foto: Getty Images

Dié Londense klub, wat die afgelope seisoen promosie tot die Premierliga verwerf het, pak dan nog ’n Londense span, Arsenal, in die Brentford-gemeenskapstadion.

Brentford sal in die 2021-’22-seisoen vir die eerste keer in 74 jaar in die Premierliga meeding.

Manchester City begin die verdediging van sy titel op dieselfde dag, wanneer hy na Tottenham Hotspur reis.

Manchester United, wat die afgelope seisoen tweede geëindig het in die Premierliga, speel gasheer vir Leeds United, terwyl Liverpool ’n wegwedstryd het teen Norwich City, wat ook promosie gekry het.

Chelsea, wat onlangs die Europese Kampioeneliga gewen het, begin sy veldtog met ’n tuiswedstryd teen Crystal Palace, voordat hy Arsenal en Liverpool daarna die stryd aansê.

Watford, wat ook sy terugkeer tot die Premierliga maak, se eerste teenstander is Aston Villa. – Reuters

Meer oor:  Brentford  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.