Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Broos het meer tyd ná stryde uitgestel word

Hugo Broos, die nuwe Bafana Bafana-afrigter, gaan meer tyd hê om hom van sake te vergewis nadat Suid-Afrika se twee kwalifiseringswedstryde vir die Wêreldbeker-toernooi in Junie tot September uitgestel is.

Hugo Broos, Bafana Bafana se nuwe afrigter. Foto: Getty Images

Die wysiging is weens die impak van die koronavirus en die uitdagings wat dit meegebring het, volgens cafonline.com.

Suid-Afrika sou vroeg in Junie teen Zimbabwe in Harare gespeel het en kort daarna tuis teen die Black Stars van Ghana.

Die Afrika-lande se wedstryde ter kwalifisering sal nou in die bestaande venstertydperke van September, Oktober, November en Maart 2022 gespeel word.

Ethiopië is die vierde span in Groep G saam met Suid-Afrika. Meer besonderhede sal binnekort saam met die hersiene bepalings bekend gemaak word.

Die WB-toernooi sal volgende jaar tussen 21 November en 18 Desember in Katar gehou word.

Broos, ’n Belg, is Woensdag vir vyf jaar as Bafana se nuwe afrigter aangestel. – Sportredaksie

Meer oor:  Bafana Bafana  |  Hugo Broos  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.