Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Brugramp: 43 minute se sokker in stilte
Die spelers van albei spanne betoon respek voor die afskop. Foto: Getty Images

Aanhangers van die Italiaanse sokkerklub Genoa het Sondag die eerste 43 minute van die span se Serie A-kragmeting op sy tuisveld teen Empoli feitlik in stilte gevolg ter nagedagtenis aan die slagoffers van die brugramp in dié stad vroeër vandeesmaand.

Altesaam 43 mense is dood toe ’n groot deel van die hangbrug wat die hawestad met die suide van Frankryk verbind, gedurende middageteverkeer ineengestort het.

Mense wat in die woonstelle onder die hangbrug gewoon het, moes ook hul wonings ontruim. Op die foto kan gesien word hoe die brug ineengestort het. Foto: Getty Images

Dit was die eerste wedstryd in die Luigi Ferraris-stadion sedert die ramp. Daar is ’n minuut se stilte voor die afskop waargeneem waarna die toeskouers ook hande geklap het vir die familielede van die slagoffers wat op die veld genooi is.

’n Banier wat by die wedstryd vertoon is. Foto: Getty Images

Die Genoa-ondersteuners se versoek dat die stilte volgehou word nadat die kragmeting begin het, is eerbiedig. Die gevolg was dat dit gevoel het asof die wedstryd agter geslote deure gespeel word, met slegs die spelers wat in die stadion gehoor kon word.

Aanhangers het in ’n verklaring voor die tyd gevra vir ’n “oorverdowende stilte van 43 minute, een vir elke kind, werker, student, ma of pa wat vandag nie meer met ons is nie”.

Daar was hier en daar klanke vanuit die paviljoene as Genoa aangeval het, maar selfs toe die span twee doele binne die eerste 20 minute aangeteken het, was dit feitlik doodstil onder die toeskouers.

Applous het in die 43ste minuut opgeklink toe die name van die slagoffers op ’n grootskerm verskyn het, voordat die toeskouers soos normaal begin sing en skree het vir die res van die wedstryd.

Genoa het met 2-1 geseëvier.

– Reuters

Meer oor:  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.