Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea-breier in sop ná stoeiery

Maurizio Sarri, afrigter van Chelsea, is van wangedrag aangekla deur die Engelse Sokkervereniging (FA), nadat hy Maandagaand in ’n onderonsie met spelers betrokke geraak het.

Maurizio Sarri, Chelsea se afrigter, word die trekpas gegee nadat hy in ’n onderonsie langs die speelveld betrokke geraak het. Foto: Getty Images

Dié voorval het in die doodsnikke van Chelsea se gelykopstryd met 2-2 teen Burnley op Stamford Bridge plaasgevind.

Sarri het in ’n worsteling met spelers langs die kantlyn betrokke geraak, waarna die skeidsregter, Kevin Friend, hom die trekpas na die paviljoen gegee het.

Sarri het later nie die media soos gebruiklik te woord gestaan nie, maar sy assistent Gianfranco Zola in sy plek gestuur.

Zola se verduideliking van die voorval was dat Sarri gepoog het om sy spelers weg te kry van die stoeiery, maar dat die skeidsregter sy optrede verkeerd vertolk het. – Reuters

Meer oor:  Burnley  |  Maurizio Sarri  |  Chelsea  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.