Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
KYK: Chelsea-breier wou dampie slaan

Maurizio Sarri, Chelsea se nuwe afrigter, was vol lof vir sy sokkerspelers nadat hulle Saterdag ’n opwindende Engelse Premierliga-stryd teen Arsenal gewen het, maar erken dat die lus vir ’n sigaret in ’n “vreeslike 15 minute” groot was.

Chelsea het sy eerste tuiswedstryd onder Sarri op sensasionele wyse begin deur binne 20 minute met 2-0 voor te loop.

Maurizio Sarri erken die lus vir ’n sigaret was groot in Chelsea se naelskou-sege oor Arsenal. Foto: Getty Images

Sarri, geklee in ’n sakkerige blou T-hemp en sweetpakbroek, het daarna herhaaldelik met waaiende arms sy spelers aangepor om Arsenal in sy eie gebied vas te pen.

Sy pleidooie het egter op dowe ore geval en die Gunners het met doele in die 37ste en 41ste minute skielik die telling weer op 2-2 laat gelyk trek.

“Daai 15 minute aan die einde van die eerste helfte was vreeslik. Ek het die wedstryd vir 75 minute geniet, maar nie daardie 15 nie. Dit sou toe beter gewees het om ’n sigaret te rook,” het Sarri, ’n kettingroker, gesê.

Chelsea kon egter die knoop deurhak toe Marcos Alonso ’n hoekskop van Eden Hazard in die doelhok weggebêre het.

Hazard, een van België se sterre in die Wêreldbeker-toernooi in Rusland, is as plaasvervanger opgestuur teen Arsenal.

Maurizio Sarri slaan ’n dampie langs die kantlyn toe hy nog Napoli se afrigter was. Foto: Getty Images

Volgens Sarri het hy nog nie heeltemal fisiek herstel van sy uitputtende Wêreldbeker-veldtog nie.

Hazard het egter praatjies dat hy Chelsea gaan verlaat Maandag in die kiem gesmoor.

Dié 27-jarige Hazard het gesê hy is gelukkig by Chelsea en sal oor twee of drie jaar weer kyk hoe sake staan. – Reuters

Meer oor:  Maurizio Sarri  |  Chelsea  |  Engelse Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.