Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea het plan met rassiste
Chelsea se Roman Abramovich. (Foto: Getty Images)

Die Chelsea-sokkerklub sê hy wil rassistiese ondersteuners op ’n reis na die Nazi-konsentrasiekamp Auschwitz in Pole stuur in plaas daarvan om hulle te verbied om wedstryde by te woon, is Donderdag berig.

Die klub se eienaar, Roman Abramovich, wat Joods is, is aan die spits van die projek, daargestel om anti-semitisme onder ondersteuners hok te slaan, berig The Guardian.

Chelsea- en Vidi FC-ondersteuners onlangs tydens ’n onlangse Europaliga-wedstryd op Stamford Bridge in Londen.Foto: Getty Images

Hulle wil ondersteuners wat rassisties optree die kans gee om opgevoed te word by die Tweede Wêreldoorlog-konsentrasiekamp in Pole, in plaas daarvan om hulle die deur te wys van dié Premierliga-klub se wedstryde by Stamford Bridge.

“As jy net mense verbied, sal jy nooit hul gedrag verander nie,” sê Chelsea se voorsitter, Bruce Buck.

“Dié beleid gee hulle die geleentheid om te besef wat hulle gedoen het, sodat hulle hulle beter kan gedra.”

Chelsea-spelers het Woensdag by die Britse parlement die voorskou van ’n nuwe fliek bygewoon wat gemik is op bewusmaking oor die gevolge van anti-semitisme.

Aanstootlike dreunsang en sosialemedia-inskrywings is langs uitbeeldings van die Joodse Volksmoord vertoon. – thestatesman.com

Meer oor:  Roman Abramovich  |  Chelsea  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.