Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea-mense maak wéér moles

Drie mans is Sondag deur polisiebeamptes ondervra nadat hulle bewering anti-Semitiese krete op ’n trein gedreunsing het ná Chelsea se Premierliga-wedstryd teen Brighton & Hove Albion.

Chelsea-ondersteuners langs ’n advertensie waarin toeskouers en spelers gevra word om ’n einde aan rassisme en diskriminasie in die sport te bring. Foto: Getty Images

Dié voorval kom nadat die Chelsea-voorsitter, Bruce Buck, ondersteuners van die klub juis voor die afskop gegroet het in ’n poging om ’n positiewe beeld te skep, nadat bewerings van soortgelyke anti-Semitiese optrede deur ondersteuners verlede week tydens ’n Europaliga-stryd teen Vidi FC in Boedapest gemaak is.

En dít alles volg op ’n ander voorval waartydens vier Chelsea-aanhangers, hangende ’n ondersoek, geskors is vir beweerde rassistiese beledigings teenoor die Manchester City-speler Raheem Sterling vroeër vandeesmaand.

Ná die voorval in Boedapest het Chelsea in ’n sterk bewoorde verklaring gesê dat enige rasse- of godsdienstige haat deur dié klub verafsku word.

“Enige individue wat nie genoeg breinkrag het om dié eenvoudige boodskap te verstaan nie en die klub in die skande bring deur anti-Semitiese of rassistiese taal of aksies, sal op die sterkste moontlike manier deur die klub vasgevat word,” het die verklaring gelui. 

– Reuters

Meer oor:  Chelsea  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.