Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea oorheers, maar skraap net deur

Chelsea se sokkerspan het Sondag op St. James' Park sy onoorwonne vertoningslys in die Engelse Premierliga voortgesit toe hy Newcastle United met 2-1 geklop het.

Edem Hazard (middel) vier Sondag sy doel teen Newcastle United in die Engelse Premierliga. Foto: Getty Images

Chelsea het oorheers en meer as 80% van die besit gehad, maar kon eers in die 76ste minuut sy eerste doel, deur Eden Hazard, aanteken.

Newcastle het teruggeslaan ná ’n doel deur Joselu voordat ’n eie doel deur Newcastle se DeAndre Yedlin die oorwinning aan Chelsea besorg het.

* Liverpool het Saterdag die vroeë voortou in die liga geneem ná sy derde opeenvolgende sege toe hy Brighton met 1-0 geklop het.

“(Manchester City se afrigter) Pep Guardiola het verlede week gesê dat die spelers nog nie 100% fiks is nie.

“Jy kan hulle nie ’n somer-ruskans gee, ’n kort voor-seisoen hou en dan van jou spelers verwag om op hul beste te wees nie.

“Ons het dit voor die wedstryd geweet en daar lê nog harde werk voor,” het Liverpool se afrigter, Jürgen Klopp, gesê.

* Arsenal se afrigter, Unail Emery, moes die vure doodslaan nadat sy sterspeler Mezut Özil nie Saterdag teen West Ham gespeel het nie.

Arsenal het met 3-1 geseëvier.

Daar was gerugte  dat Özil en Emery Vrydag haaks op die oefenveld was omdat hierdie voormalige Duitse Wêreldbeker-wenner op die bank sou wees.

“Hoekom dié inligting? Dit is nie waar nie. Hy het die oefening verlaat en is huis toe omdat hy siek was,” het Emery gesê.

Volgens hom het hy, Özil en die spandokter saam besluit dat hy nie kan speel nie.

* In Sondag se ander kragmetings het Watford vir Crystal Palace met 2-1 geklop en Fulham het Burnley met 4-2 verslaan.

* Manchester United en Tottenham Hotspur speel Maandagaand.

– bbcsport.com

Meer oor:  Arsenal  |  Liverpool  |  Chelsea  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.