Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea skors ‘rassis’, liplees-kenners help
Raheem Sterling was die slagoffer van rassistiese beledigings toe sy span, Manchester City, verlede jaar in ’n Premierliga-wedstryd teen Chelsea op Stamford Bridge gespeel het. Foto: Getty Images

Die Engelse sokkerklub Chelsea het een van sy ondersteuners lewenslank verbied om wedstryde van die Blues by te woon nadat hy spelers van Manchester City verlede seisoen in ’n Premierliga-kragmeting rassistiese beledigings toegesnou het.

Die City-speler Raheem Sterling was veral ’n teiken vir Chelsea-ondersteuners se beledigings en het opnuut die soeklig op voortslepende rassisme in Engelse sokker – ondanks pogings om dit uit te roei – laat skyn.

Chelsea het aanvanklik vier ondersteuners, hangende ’n ondersoek, verbied om wedstryde by Stamford Bridge by te woon.

Nadat die ondersoek voltooi is, is een ondersteuner lewenslank toegang tot Chelsea se tuisveld belet omdat hy hom aan aggressiewe, rassistiese beledigings skuldig gemaak het.

Dié ondersteuner ontken nog deurgaans dat hy rassisties opgetree het en Britse aanklaers gaan hom ook nie vervolg nie.

Chelsea sê egter sy besluit om hom lewenslank te skors, is gedoen nadat twee kenners, wat lippe kan lees, videomateriaal van die voorval bestudeer het. Albei was dit eens dat die individu rassistiese beledigings geuiter het. 

– Reuters

Meer oor:  Rassisme  |  Chelsea  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.