Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Chelsea veg terug vir sege oor Gunners

Londen is blou.

Chelsea het ’n terugvegpoging van stapel gestuur en moes ’n agterstand uitwis om Arsenal Sondag in dié twee sokkerspanne se wedstryd in die Engelse Premierliga te klop.

Arsenal se David Luiz (regs) en Fikayo Romori van Chelsea spook om besit in Sondag se Premierliga-wedstryd in Londen. Foto: Getty Images

Die Blues het met twee doele in die laaste sewe minute van gewone speeltyd met 2-1 in Londen se Emirates-stadion gewen en bevind hulle nou in die vierde plek op die punteleer met 35 punte. Arsenal is in die 12de plek.

Toe Pierre-Emerick Aubameyang die Gunners vroeg laat voorloop het ná ’n kopskoot, moes dié span se breier, Mikel Arteta, seker gedink het ’n oorwinning is binne bereik.

Chelsea se afrigter, Frank Lampard, het egter ander planne gehad en teen rustyd die middelveldspeler Jorginho in die plek van die sukkelende Emerson Palmieri opgestuur.

Dit het die gewenste uitwerking gehad met Jorginho wat in die 83ste minuut sy span op die telbord gesit het, ná ’n blaps deur Arsenal se doelwagter, Bernd Leno.

Maar ook ’n gelykopuitslag was Arteta-hulle nie beskore nie. Want drie minute voordat speeltyd verstreke was, het Tammy Abraham die wendoel aangeteken.

Lampard het agterna nie doekies omgedraai oor die feit dat sy span in die eerste helfte nie aan die verwagtinge voldoen het nie.

“Ons was vir 30 minute traag en op ons senuwees. Ons het reg in Arsenal se kraal gespeel. Ek het gevoel dit was die regte ding om die verandering (Jorginho) vroeg te maak. Ons het in die tweede helfte oorheers,” het hy aan BBC gesê.

Die breier het ook erken daar het in die rustyd harde woorde geval.

“ ’n Swak aangee is volgens my aanvaarbaar in ’n Londense derby, maar traagheid is nie. Ek het dit aan die spelers gesê en hulle het beter gespeel.

“Die tweede helfte het niks te doen gehad met taktiek nie, maar met geesdrif en die wil om te wen,” het Lampard gesê.

* Leicester City, wat vroeër die week deur Liverpool met 0-4 afgeransel is, het verlore aansien herwin.

Hy het West Ham United Saterdag met 2-1 in Londen geklop.

* Liverpool is egter steeds boaan die punteleer en die kanse lyk skraal dat enigeen hom gaan verhoed om dié seisoen as kampioen gekroon te word. Die Reds het Sondagaand teen Wolverhampton gespeel. – Sportredaksie, BBC

Meer oor:  Frank Lampard  |  Arsenal  |  Chelsea  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.