Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
City, Juventus sê jammer vir ondersteuners

Ferran Soriano, uitvoerende hoof van Manchester City, het sy span se ondersteuners om verskoning gevra vir die “teleurstelling, frustrasie en angs” wat dié sokkerklub se betrokkenheid by die mislukte Europese Superliga teweeg gebring het.

Ferran Soriano, uitvoerende hoof van die Engelse sokkerklub Manchester City. Foto: Getty Images

City was Dinsdag die eerste van die 12 stigtersklubs wat van plan was om ’n Europese rebelleliga tot stand te bring wat kop uitgetrek het te midde van ’n vlaag van protes van ondersteuners, spelers, afrigters en die Britse regering.

Die ander vyf Engelse klubs wat by die Superliga betrokke sou gewees het (Manchester City, Liverpool, Arsenal, Chelsea en Tottenhan Hotspur), het vinnig City se voorbeeld gevolg en hulle onttrek aan die rebelleprojek.

Andrea Agnelli, Juventus se voorsitter, het Woensdag gesê die Superliga sou nie meer kon voortbestaan sonder die Engelse klubs se betrokkenheid nie.

“Ek is jammer dat dit ’n bietjie tyd geneem het, maar die omstandighede was uitsonderlik,” het Agnelli in ’n brief aan Juventus se ondersteuners geskryf.

“Wanneer ons besluite neem en keuses maak, doen ons dit met die klub se beste belange op die hart. Maar toe ons gekies het (om deel te word van die rebelleliga), het ons versuim om die passie van ons ondersteuners in ag te neem.

“Die raad is baie spyt dat hy die geskiedkundige waardes van die klub uit die oog verloor het met dié besluit. Ons het ’n fout gemaak en is baie jammer vir die leed wat ons ons ondersteuners die afgelope 72 uur aangedoen het,” het Agnelli luidens die brief gesê. – Reuters

Meer oor:  Europese Superliga  |  La Liga  |  Rebelleliga  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Serie A
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.