Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
City se Pep gaan nêrens heen

Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, het geen planne om die hasepad te kies nie al kon sy span Liverpool nie dié seisoen aan bande lê nie.

Die 49-jarige Guardiola se span het die laaste twee seisoene die Engelse Premierliga gewen, maar was voor Saterdag se wedstryd teen Crystal Palace tweede op die puntelys, 14 punte agter die Reds.

Manchester City se afrigter, Pep Guardiola, tydens sy span se wedstryd verlede naweek teen Aston Villa in Birmingham. Foto: Getty Images

Dit het spekulasie laat ontstaan dat Guardiola straks die tuig kan neerlê ná sy suksesvolle tydperk. Maar die Spanjaard van geboorte sê hy het geen planne om koers te kies voordat sy kontrak in 2021 verstryk nie.

“Tensy hulle my afdank bly ek 100% beslis hier,” het hy aan verslaggewers gesê.

“Ek geniet dit om met hulle (die spelers) te werk, maar selfs as dit sleg gaan en ons ding nie in die Kampioeneliga mee nie, sal ek steeds nie gaan nie.

“As ’n afrigter is daar goeie en slegte tye, jy wen nie altyd nie. Maar dit gaan alles oor wat ons volgende kan doen en hoe ons kan verbeter.” – Reuters

Meer oor:  Liverpool  |  Manchester City  |  Pep Guardiola  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.