Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Covid-19 kasty Italiaanse sokker
Spelers van Genoa omhels mekaar ná ’n oorwinning oor Sampdoria in Italië se Serie A. Foto: Getty Images

Hoewel die nuwe Italiaanse Serie A-sokkerseisoen al in volle gang is, word die impak van Covid-19 steeds op en weg van die veld gevoel.

Een van die Serie A-spanne, Genoa, het Maandagaand aangekondig dat nie minder nie as 14 van sy spelers en lede van die afrigtingspan positief getoets is vir die virus.

Dít het gevolg op die verdoemende nuus dat Italië se topliga reeds meer as €500 miljoen (R10 miljard) se inkomste moes inboet weens die koronaviruspandemie.

Luigi De Siervo, die uitvoerende hoof van Serie A, het gewaarsku dat die sokkerbedryf teen die planke is.

Volgens hom is die huidige verbod op meer as 1 000 toeskouers by ’n wedstryd, sowel as ’n skerp afname in borgskap-ooreenkomste, die vernaamste redes vir die benarde situasie waarin beroepsokker tans in Italië verkeer.

Hy’t gesê as die Italiaanse regering nie binnekort meer toeskouers by wedstryde toelaat nie, kan die hele bedryf in duie stort. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Seri A  |  Koronavirus  |  Genoa  |  Italiaanse Sokker  |  Covid-19  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.