Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Covid eis lewe van Aston Villa-breier se pa
Dean Smith, afrigter van die Engelse sokkerklub Aston Villa. Foto: Getty Images

Nóg ’n afrigter in die Engelse Premierliga het ’n ouer weens Covid-19 aan die dood afgestaan.

Die sokkerklub Aston Villa het in ’n verklaring gesê dat hul afrigter, Dean Smith, se pa, Ron, in die ouderdom van 79 jaar gesterf het.

“Ron, wat die laaste tyd in ’n versorgingsoord gewoon het nadat demensie ses jaar gelede by hom gediagnoseer is, het vier weke gelede Covid-19 opgedoen. Hy is in ’n hospitaal opgeneem en is ná ’n kort siekte, met sy familie aan sy sy, oorlede,” het die verklaring gelui.

Verlede maand is Pep Guardiola, afrigter van Manchester City, se ma (Dolors Salas) ook weens die virussiekte oorlede. Sy was 82 en is in Barcelona dood.

Teen Donderdag was daar al 267 000 bevestigde gevalle van Covid-19 in Brittanje, met bykans 38 000 mense wat reeds dood is. – Reuters

Meer oor:  Dean Smith  |  Oorlede  |  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Sokker  |  Koronavirus  |  Aston Villa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.