Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Covid-19: Talle verloor werk by Engelse FA
Ole Gunnar Solskjaer vier Manchester United se oorwinning oor Norwich City in die kwarteindronde van die FA Cup met sy spelers. Foto: Reuters

Die Engelse Sokkervereniging (FA) sal 124 poste oorbodig verklaar weens die finansiële invloed van die Covid-19-pandemie, het die beheerliggaam Maandag aangekondig.

Met sokker wat vir 100 dae opgeskort was in Engeland weens die pandemie, was daar ’n gebrek aan inkomste uit internasionale wedstryde, terwyl plaaslike wedstryde en die FA Cup ook swaar getref is. Gevolglik word daar nou begroot vir verliese van in die omgewing van £300 miljoen (sowat R6,3 miljard).

“As ’n nie-winsgewende organisasie gaan dit ons baie hard tref,” sê Mark Bullingham, die uitvoerende hoof van die FA, in ’n verklaring.

“Daarom het ons oor die laaste paar maande ’n forensiese ontleding gemaak oor ons begroting en is daar gekyk waar die gebiede is waar koste besnoei kan word.

Die situasie het sodanig versleg dat ons nou die grootte van die FA moet sny om die finansiële invloed van die krisis te kan hanteer.
Mark Bullingham

“Die situasie het sodanig versleg dat ons nou die grootte van die FA moet sny om die finansiële invloed van die krisis te kan hanteer.”

Die FA sê 42 poste was reeds vakant voor die viruskrisis en nou is die voorstel dat nog 82 poste uit die organisasie verwyder word.

Die FA Cup-uitklopreeks het die afgelope naweek hervat, met die vier kwarteindstryde in leë stadions. Manchester United, Chelsea, Arsenal en Manchester City het tot die halfeindronde deurgedring.

United kom in die halfeindronde teen Chelsea te staan en Arsenal speel teen City. Daardie wedstryde word op 18 en 19 Julie op Wembley in Londen gespeel. – Reuters

Meer oor:  Mark Bullingham  |  Europa  |  Engeland  |  Covid-19  |  Sokker  |  Fa Cup  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.