Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
CR7 skop 750ste doel, vroue-blaser gedy
Die doele-masjien Cristiano Ronaldo vier sy 750ste suksesvolle poging. Foto: Getty Images

Cristiano Ronaldo het Woensdagaand die 750ste doel van sy merkwaardige loopbaan behaal in Juventus se oorwinning van 3-0 teen Dynamo Kyiv.

Stephanie Frappart van Frankryk het in dieselfde kragmeting die eerste vroueskeidsregter geword om ’n Kampioeneligawedstryd te behartig.

Federico Chiesa en Alvaro Morata het die Italiaanse klubspan se ander twee doele aangeteken.

Die 35-jarige Portugese ster het 450 doele vir Real Madrid behaal, 118 vir Manchester United, 75 vir Juventus, vyf vir sy eerste klub, Sporting, en 102 vir sy land op internasionale vlak.

“750 doele, 750 oomblikke van blydskap, 750 glimlagte op die gesigte van ons aanhangers,” sê Ronaldo op Instagram.

“Dankie aan al die spelers en afrigters wat my gehelp het om hierdie ongelooflike mylpaal te bereik, dankie aan al my toegewyde teenstanders wat my aangespoor het om elke dag harder en harder te werk.

“Volgende eindpunt: 800.”

Juventus het reeds vir die volgende ronde gekwalifiseer en Dynamo Kyiv is reeds in Groep G uitgeskakel, so die grootste belangstelling was in Frappart se buiging. Sy is egter skaars opgemerk, normaalweg ’n goeie teken vir ’n skeidsregter se vertoning.

Stephanie Frappart behartig die loot en word die eerste vroueskeidsregter om die leisels in ’n Kampioeneligawedstryd te neem. Foto: Getty Images

Frappart word beskou as die voorste skeidsregter in vrouesokker. Fifa, die beheerliggaam vir wêreldsokker, het haar in 2019 gekies om die Wêreldbekereindstryd vir vroue in haar tuisland te behartig.

Sy het weke voor dié skouspel die eerste vrou geword om as skeidsregter op te tree in Ligue 1, Frankryk se topliga vir mans.

Frappart het later daardie jaar haar eerste wedstryd vir Uefa behartig in ’n Superbeker-kragmeting tussen Liverpool en Chelsea en was in Oktober vanjaar in beheer van haar eerste Europa League-wedstryd.

Sy het Woensdagaand drie spelers met geelkaarte gestraf en Dynamo Kyiv se beroep op ’n strafskop in die eerste helfte van die hand gewys.

– Reuters

Meer oor:  Kampioeneliga  |  Sokker  |  Cristiano Ronaldo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.