Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Dag van drama in Engelse Premierliga
Harry Kane van Tottenham Hotspur (regs) en Liverpool se Fabinho in aksie in Sondag se kragmeting op Anfield. Foto: Getty Images

Liverpool se sokkerspan het Sondag op Anfield aan sy voorsprong in die Engelse Premierliga geklou, maar nie voordat hy sy ondersteuners laat naels kou het nie.

Liverpool moes twee doele in die tweede helfte aanteken om steeds met ses punte voor Manchester City te bly nadat City Saterdag vir Aston Villa met 3-1 getroef het.

Spurs se Harry Kane het Tottenham ná slegs 48 sekondes ná die afskop laat voorloop, maar doele deur Jordan Henderson en ’n strafdoel deur Mo Salah, het aan Liverpool sy 45ste agtereenvolgende tuisoorwinning besorg.

’n Stukkie sokkergsekiedenis is in Norwich geskryf toe Scott McTominay Manchester United se 2 000ste doel in die Premierlia in sy span se sege met 3-1 oor Norwich

City aangeteken het.

Dit was United se eerste oorwinning weg van die huis af sedert Februarie en hulle kon nog verder gewen het as Norwich se doelwagter, Tim Krul, nie twee strafskoppogings gekeer het nie.

* Die kragmeting tussen Arsenal en Crystal Palace is aan die einde ontsier toe die Gunners se Matteo Guendouzi vir Zaha aan sy trui gegryp het en soos ’n rugbyspeler neergetrek het.

Die skeidsregter, Martin Atkinson, was onder groot druk toe albei spanne se spelers hom omring het en oor en weer gestry het.

Na ’n lang geredekawel het hy ’n geelkaart aan Guendouzi gewys.

Arsenal was met 2-0 voor, maar het die wedstryd, wat met 2-2 gelykop geëindig het, uit sy vingers laat glip.

* Die naweek se ander hoogtepunte is Vrydagaand deur Leicester City gelwer toe hy Southampton met 9-0 oorrrompel het.

– Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.