Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Premierliga: ‘Dê Liverpool, dis julle s’n’

Die Engelse Premier-sokkerliga word op ’n skinkbord aan Liverpool aangebied.

Dit het gevolg nadat Liverpool Sondag op sy tuisveld, Anfield, sy kragmeting met Manchester United met 2-0 gewen het nadat Virgil van Dijk (14de minuut) en Mohamed Salah (93ste minuut) doele aangeteken het.

Virgil van Dijk
Liverpool se Virgil van Dijk doen sy eie rieldans ná sy doel teen Manchester United op Anfield in Liverpool. Foto: AP

Dit het Liverpool (64 punte ná 22 wedstryde) se voorsprong in die liga bo Manchester City tot 16 punte laat vergroot.

Boonop het Liverpool een wedstryd minder as die ander voorlopers gespeel.

Dit was ’n treurige naweek vir die meeste van die ander spanne nadat nie een van hulle kon seëvier nie.

Man City en Crystal Palace het met 2-2 gelykop gespeel; Leicester City (derde op die puntelys) is met 2-1 deur Burnley geklop; Chelsea (vierde) het met 0-1 teen Newcastle verloor; Arsenal en Sheffield United het met 1-1 gelykop gespeel en die wedstryd tussen Tottenham Hotspur en Watford het met 0-0 gelykop geëindig. – Sportredaksie 

Meer oor:  Liverpool  |  Engelse Premierliga  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.