Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Deense spelers as ‘helde’ gehuldig
Spanmaats en noodpersoneel stap Saterdag met ’n groot laken om Christian Eriksen terwyl hy van die veld gedra word. Foto: Reuters

Denemarke se sokkerspelers is “helde” omdat hulle Christian Eriksen omring het en nie toegelaat het dat die toeskouers of kameras hom op die veld sien lê nie.

Só sê Andy Robertson, die Skotse kaptein, oor die voorval Saterdag toe Eriksen in die 42ste minuut van die Euro2020-wedstryd teen Finland ’n hartaanval gekry het.

Hy het op die veld inmekaargesak en is lank op die veld behandel voordat hy na ’n hospitaal geneem is.

In dié tyd het sy spanmaats hom omring en later met ’n groot laken om hom gestap terwyl hy op ’n draagbaar van die veld gehelp is.

“Die manier hoe die Deense spelers dit hanteer het, was ongelooflik, want dit moes hartverskeurend vir hulle gewees het. Hulle het egter die regte ding gedoen,” sê Robertson.

“Dit is die foto wat ek en almal sal onthou, want toe een van hul vriende op ’n slegte plek was, het hulle vir hom opgestaan en hom beskerm.

“Maak nie saak wat verder in die toernooi gebeur nie, vir my sal hulle helde wees.”

Deense spelers staan verslae op die veld terwyl Christian Eriksen mediese behandeling ontvang. Foto: Reuters

Jakob Hoeyer, woordvoerder van die Deense Sokkervereniging, het Maandag gesê Eriksen se toestand is “stabiel en goed”.

“Ons het vandag en gister met hom gepraat. Sy toestand is dieselfde,” het Hoeyer gesê.

Die wedstryd is aanvanklik gestaak, maar ná ’n lang oponthoud voortgesit. Finland het met 1-0 gewen.

Die Dene speel Donderdag teen België. – Reuters

Meer oor:  Christian Eriksen  |  Denemarke  |  Euro2020  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.