Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sokker
Franse in wedloop om gesogte prys

Die Franse afrigter, Didier Deschamps, en Zinedine Zidane, voormalige breier van Real Madrid, is op die kortlys om aanstaande maand as Fifa (wêreldsokker se beheerliggaam) se Afrigter van die Jaar aangewys te word.

Zinedine Zidane. Foto: Getty Images
Didier Deschamps. Foto: Getty Images

Frankryk het vroeër vandeesmaand in Rusland die Wêreldbeker-toernooi gewen. Sy 1998-spanmaat, Zidane, het gesorg dat die Spaanse klub Real Madrid ’n derde agtereenvolgende titel in die Europese Kampioeneliga wen.

Gareth Southgate, die Engelse afrigter, is ook benoem. Engeland het die eerste keer in 28 jaar die halfeindronde van die WB-toernooi gehaal.

Die wenner sal op 24 September in Londen bekend gemaak word.

Die benoemdes is: Massimiliano Allegri (Juventus), Stanislav Cherchesov (Rusland), Zlatko Dalic (Kroasië), Didier Deschamps (Frankryk), Pep Guardiola (Manchester City), Juergen Klopp (Liverpool), Roberto Martinez (België), Diego Simeone (Atletico Madrid), Gareth Southgate (Engeland), Ernesto Valverde (Barcelona) en Zinedine Zidane (Real Madrid). – Reuters

Meer oor:  Zinedine Zidane  |  Didier Deschamps  |  Fifa  |  Afrigter  |  Sokker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.